Song For Jesus ~ Lied vir Jesus  Christelike Uitreik Aksie met 'n woord en sang bediening.

 

 Albert - 076 033 3757

Melinda - 078 779 6400

Email - lied4jesus@gmail.com 

Ons Getuienis

Ons weet dat as ons ons oorspronklike plan om ons God gegewe gawe vir wereldse gewin te gebruik en in wereldse plekke musiek te maak gevolg het, God se salwing, seen en beskerming nie vandag so op ons bedienning, 'n Loflied vir Jesus, die Koning van ALLE konings gerus het nie. Aan Hom al die lof, eer en die aanbidding van ons harte.


 Ken Hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. Nie jou wil nie maar Sy volmaakte wil en plan vir jou lewe is al wat saak maak. Deur ons wil en nie ons Vader se volmaakte wil te volg nie, lei toe mos daar toe om 'n GROOT klanksisteem te koop, so groot ons kan dit nie eers behoorlik self dra nie. Dit vat die hele kattebak op - maar ons is mos nou "ge-gear" om musiek vir die wereld te maak!! 

 

Maar prys SY wonderlike Naam, want Hy is in volmaakte beheer! Wanneer jy gehoorsaam en bereid is om na Sy stem te luister, verander Hy jou hart, lewe en sommer ook jou HELE uitkyk op alles rondom jou. Wanneer jy jou totaal oorgee aan Hom en sy Gees toelaat om in jou te werk, verlos Hy jou van werelde dinge, "plesiere" wat nooit kan bevredig nie en werelde plekke waar jy in die eerste plek nie hoort nie.  Jy besluit om voluit vir Hom alleen te leef - jy is net nie meer tuis in die wereld nie. 

 

Dankie Vader dat U ons lewe om gedraai het in Februarie 2012. Van toe af word alles wat ons nodig het as U kinders net voorsien. Werelde deure gaan toe  en God maak vir ons deure oop. 'n Albert "band" vir die wereld  word SONG FOR JESUS  - LIED VIR JESUS . En ons bediening begin, 'n uitryk aksie by tehuise vir bejaardes.  'n Bediening waar ons altwee net vir Hom sing. 

 

Vader maak dit vir ons moontlik om 'n kleiner klanksisteem te koop en 1 ouetehuis word 5 permanente ouetehuise, van Maandag tot Donderdag. Vrydae en naweke voorsien Hy die res, van kerke tot gestremde kinderhuise.  Sy salwing is elke keer tasbaar, waar ons ook al gaan.  Waarlik, ons dien 'n Almagtige God! U is Groot an Magtig - aan U al die eer!

Kontak ons hier vir optredes.

Dankie Abba Vader dat u ons kom Verlos het! Dankie vir al die gebede wat U verhoor en vir elke mens wie se lewe U aan geraak en verander het. U is waarlik getrou tot in die geringste! Dankie Vader vir ons eerste Gospel laserskyf, "God's Lovesong" wat U gratis vir ons voorsien het.

 
Visie: Om mense weer hoop te gee met die besef dat hulle kosbaar en waardevol is met die besef dat hulle  net moet  op kyk, God id elke oomblik van elke dag daar en dra hulle deur. Hulle is nooit alleen nie en Hy is lief vir hulle met al hulle foute.

 

 

Amen!!


 

 

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola